Neem goeie produk fotos en verkoop meer produkte

`n Goeie foto spreek boekdele.  Jy kan die mooiste produk op die mark verkoop, maar indien die foto dit nie wys nie, gaan jou verkope maar sukkel.  Hier is ‘n maar voorstelle om jou foto’s te verbeter:

Lig, lig en meer lig

Lig is die belangrikste aspek van ‘n goeie foto.  Indien jou beligting voldoende is, kan selfs ‘n selfoonkamera wonderlike fotos neem.  Kyk gerus na die video wat wys hoe om ‘n ligboks self te bou, om sodoende jou produkte in hul volle glorie af te neem:

Agtergrond

`n Besige agtergrond laat jou produk verdwyn.  Kies dus ‘n eentonige agtergrond om die fokus op jou produk, en nie jou deurmekaar tafel, te plaas.

Foto redigering

Alhoewel dit uiters belangrik is om ‘n goeie foto vanuit die staanspoor te neem, kan verskeie aanpassings gemaak word met fotoredigeringsagteware.  Verskeie opsies bestaan, van kragtige betaalopsies soos Adobe Photoshop, tot gratis opsies soos GIMP wat glad nie terugstaan vir die betaalopsies nie.  Jy sal egter die sagteware moet aanleer.

Kry hulp in

Jy kan altyd met een van die talentvolle vryskutters op ons suster-webtuiste Talentwerf, reël om vir jou die produkte af te neem.  Gaan kyk gerus wat hul aanbied.

Los jou kommentaar

Hierdie is 'n demonstrasie webtuiste en is tans nie aktief nie Dismiss